Meer sterf in bosbrand stryd

Veldbrande in Turkye se suidelike kusstrook het reeds die lewens van minstens 8 mense geëis, en inwoners van die gebied moes inderhaas vlug uit die gebied, terwyl toeriste met spesiale ver voer uit die omgewing geneem moes word.

Dit is reeds die sewende dag dat brandbestryders alles moontlik doen om die vlamme te stuit, maar die pogings word belemmer deur sterk wind en hitte.

Die Turkse nuus agentskap het berig dat die liggame van ʼn paartjie van Turks-Duitse afkoms gevind is in hul woonhuis wat ook deur die vlamme afgebrand is.

Meer as 860 mense het reeds mediese behandeling ontvang, het die Minister van Gesondheid gesê, en bygevoeg dat 113 verskillende brande woed wat die werk van brandbestryders bemoeilik.

In die Manavgat omgewing is meer as 1,100 inwoners deur reddingswerkers verskuif, en ʼn groot getal toeriste moes ook noodgewonge uit die gebied weggeneem word met bote wat voor anker gelê het.

Verskeie kleiner dorpies in die landelike streke moes die gebied verlaat terwyl brandbestryders verbete stry om te voorkom dat die brande die dorpies bereik.