Mediterreense see temperatuur styg dramaties

Wetenskaplike navorsing deur die Verenigde Nasies wys dat verwarming regoor die Mediterreense streek besig is om toe te neem, en teen die tempo wat dit gebeur het in die afgelope paar jaar, kan tot 20% hoër temperature verwag word binne die volgende dekade.

Die streek word die afgelope tyd gereeld getref met ongekende hittegolwe wat klaarblyklik veroorsaak dat water tekorte ondervind word, en derhalwe voedsel produksie nadelig raak wat kan lei tot voedsel tekorte.

Die Internasionale Paneel oor Klimaatverandering sal in 2022 hulle volledige verslag publiseer wat ook besonderhede sal toon van die toekoms terwyl koolsuurgas besoedeling steeds voortgaan in die gebied.

Die Mediterreense gebied huisves ʼn bevolking van meer as 500 miljoen mense, en hulle staar uiters gevaarlike klimaatsverandering wat vereis dat daar dringende aandag gegee moet word aan metodes om die besoedel te verminder.

Die grootste bekommernis is dat die styging in temperature ook lei tot die styging van die see se watervlak, en die gevaar van swaar en aanhoudende droogte toestande, is faktore wat voedsel verbouing bedreig, terwyl meer veld- en bosbrande met gereelde hittegolwe ook ernstige gevolge inhou vir die lande in die gebied.