Mediese Skemas kom onder druk

Mediese Skemas het die afgelope maande in 2021 onder druk gekom met die skerp styging in eise wat ondervind word.

Die Raad vir Mediese Skemas het aanbeveel dat Mediese Skemas dat die verhoging in tariewe beperk word tot 4,2% vir 2022.

In ʼn omsendbrief aan die skemas sê die reguleerder dat dit in lyn met die Nasionale Tesourie se projeksie van die Verbruikers Prys Inflasie is.

Met die verhoogde eise, en die moontlikheid dat Mediese Skema tariewe slegs 4% styg, kan dit ernstige finansiële implikasies inhou, en ontleders het die hoop uitgespreek dat dit nie die Skemas gaan dwing om voordele te verminder of te verlaag nie.

Ingeligte bronne beweer egter dat mediese skemas gedurende 2020 baie min eise gehad het in die streng grendel tyd wat geheers het, en derhalwe meer geld gemaak het omdat hulle maandelikse inkomste konstant gebly het.

Slegs sowat 4 miljoen mense in Suid-Afrika is lid van ʼn mediese skema wat ook gekoppel is aan die oorkoepelende struktuur.