Massmart verkoop aan Shoprite vir miljoene Rand

Die eienaar van Makro en Game, die sake reus Massmart, het van sy sakeondernemings wat as sy nie-kern gedeelte is, aan Shoprite verkoop vir R1,36 miljard.

Met die transaksie neem die Shoprite groep beheer oor ʼn hele aantal bekende ondernemings soos Cambridge Food, Rhino, Massfresh asook 12 Cash & Carry winkels.

Alhoewel die transaksie nog onderhewig is aan die reguleerder se goedkeuring wat waarskynlik in Maart 2022 sal wees, word daar weinig getwyfel dat die transaksie nie goedgekeur sal word nie.

Onbevestigde berigte lui dat Massmart die transaksie se geld sal aanwend om sy bank fasiliteite te vereffen en ʼn deel aan te wend om die e-handel uit te brei.

Finansiële deskundiges en sakeleiers sê die transaksie sal Shiprite ʼn groot hupstoot gee in gebiede waar hy graag beter sake wil doen.