Man vasgetrek wat goue munte steel

ʼn Man van Nederlandse afkoms het in die hof verskyn in Trier na  poging om muntstukke uit die Romeinse era te steel, misluk het.

Sy bende lede wou saam wegkom met 18 kilogram van die goue munte.

Die museum se versameling van die Romeinse era uit die Imperiale tydperk se muntstukke is een van die grootste versamelings van die aard in die wereld.

Die drie mans van die bende se een lid is die week voor die hof gedaag op aanklag van poging om die versameling munte te steel uit ʼn museum in Duitsland.

Die 28-jarige man staar ernstige vervolging en straf in die gesig terwyl hy ook aangekla word van lidmaatskap van ʼn bende wat rooftogte uitvoer en dat dit ʼn onwettige sindikaat is.

Sy twee bende vriende is nog op vrye voet en word in Europa gesoek, maar dit kan jare neem voor die twee medepligtiges gevind word.

Die bende se hoofdoel was om al die goue munte, bestaande uit ʼn versameling van sowat 2,500 soliede goud muntstukke, te steel wat ongeveer 18,4 kg gewig beteken.

Hulle het die museum binne gegaan deur ʼn venster oop te kry, maar kon die dief-weer glas nie gebreek kry om die munte op te raap nie, en toe die alarm afgaan, moes hulle sonder sukses die aftog blaas.

Die versterkte glas wat die munte beskerm, het bewys dat dit veilig is om duur museum stukke te beveilig terwyl besoekers aan die museum tog nog daarna kan kyk.

Die muntstukke is in 1993 gevind toe ʼn nuwe gebou opgerig word, en ʼn eerlike werker die goue munte besorg het aan die owerheid.