Man en vrou gearresteer met dwelms

ʼn Man en sy vroulike lewensmaat is in Johannesburg gearresteer na hulle blykbaar betrap is met dwelms wat in hulle voertuig gevind is. Die paartjie het ook ander onwettige of verdagte goedere in die voertuig gehad.

Baie dwelms en  sowat R60,000 kontant is na bewering in die man se woonplek gekry tesame met allerlei ander goedere wat vermoedelik ook op onwettige wyse bekom is.

Die Metro polisie sê van hulle beamptes het inligting ontvang gedurende die nag dat ʼn wit Volkswagen die onwettige goed saam met die dwelms vervoer iewers in die suidelike deel van Johannesburg.

Die twee verdagtes was in die voertuig en is op ʼn strategiese plek deur die polisie gestop waarna die voertuig deursoek is en kort daarna is beide persone gearresteer en beslag is gelê op die voertuig en die inhoud daarvan.

Die twee verdagtes is blank en woon glo in die suidelike deel van die stad, maar geen name of identifisering van die twee persone kan gedoen word alvorens hulle nie in die hof verskyn het nie.