Malaria entstof nou werklikheid

Die vervaardigers van die Covid-19 entstof is van plan om Afrika se vermoë om entstof te vervaardig, ʼn hupstoot te gee.

BioNTech se tegniek om entstof te vervaardig kan moontlik daartoe lei dat ʼn nuwe entstof teen malaria binne afsienbare tyd beskikbaar kan wees.

Die vervaardiger gaan waarskynlik begin met die vervaardiging van malaria en tuberkulose entstof in Rwanda en ook in Senegal, sê die maatskappy se president.

Die twee lande se verteenwoordigers was op besoek aan die Europese Unie waar die moontlikheid van vervaardiging die onderwerp van bespreking was.

Die Duitse vervaardiger het malaria entstof ontwikkel op die metode wat gebruik is om die koronavirus entstof te ontwikkel, en is ook besig om entstof teen tuberkulose te vervaardig.

Ingeligte bronne beweer dat die nuwe entstowwe ontwikkel kon word met die beskikbare fondse wat verkry is met die verkoop van die koronavirus entstof se winste.

Die ontwikkeling van die Covid entstof wat met nuwe tegnologie gedoen is, het deure oopgemaak wat die ontwikkeling van malaria en tuberkulose entstof moontlik gemaak het. Die tegnologie wat gebruik is, het die ontwikkeling veel vinniger gemaak, en die koste om dit te ontwikkel, is baie minder as in die verlede.