Madagaskar: Al die ministers afgedank

President Andry Rajoelina het sy  ministers almal afgedank slegs enkele dae nadat hy kritiek uitgespreek het teen verskeie ministers oor hulle swak vertoning om die werk verrig te kry.

Die gerugte dat daar ook planne was om die voormalige leier van die kaping te vermoor, het klaarblyklik die hoof rede geword vir die drastiese optrede van die omstrede president.

Die president het egter geen amptelike rede aangevoer waarom hy die hele kabinet afgedank het nie, maar het Sondag gesê dit is omdat die ministers nie hulle werk doen soos van hulle verwag word nie.

Die president het aan die media gesê die optrede is soos met ʼn sokkerspan wat nie sy kant bring nie, dan word daar van die spelers vervang, en dit is wat hy glo ook gedoen het.

Verlede week het die Madagaskar vervolgingsgesag 21 mense gearresteer wat glo in ʼn komplot was om president Andry Rajoelina te vermoor.

ʼn Maand gelede is ses mense gearresteer wat klaarblyklik ook van plan was om die president om die lewe te bring, maar sommige waarnemers bevraagteken al die bewerings oor sameswering teen die president.