Lofwaardige Mosambiek boomplant projek

Die Minister van Omgewingsake in Mosambiek sê dat 827,547 saailinge van gewone en ook van eksotiese spesies bome geplant is regoor die land.

Die boomplant projek is oor ʼn tydperk van net meer as een jaar voltooi, en beslaan ʼn totale oppervlakte van meer as 4,600 hektaar.

Die sentrale Zambezi provinsie het sowat 36% van die totale oppervlakte van die aanplantings gekry, en die bestuur van die Woud Industrie in die land het die bevolking geloof vir hulle bydrae om die bome geplant te kry.

Die regering van Mosambiek glo dat bome die natuurlewe versterk en die grond beskerm teen wegspoel tydens swaar reëns, maar sorg ook saam met die res van die wêreld vir die verskaffing van suurstof aan die mens en dier.

Die boomplant projek gaan glo in die volgende twee jaar verder uitgebou word met die aanplant van mangrove bome en struike waarvoor sowat 5,000 hektaar grond opsy geskuif is.