Libanon ekonomie wankel gevaarlik

Die konflik met Israel het bygedra tot die uiters swak ekonomiese toestand in Libanon en die land se geldeenheid het 90% van sy waarde verloor.

Dit het tot gevolg dat die brandstof prys in die land tot nuwe hoogtes gestyg het en noodwendig die verbruikers goedere daardeur beïnvloed het.

Die regering het besluit om die brandstof se prys te verhoog met 66% en dat die brandstof subsidie ook verminder word.

Binne drie maande het die prys van brandstof drie dubbeld verhoog en die jongste verhoging is deur die regering besluit tydens ʼn vergadering die afgelope naweek.

Die regering het in verdeeldheid die jongste pryse aangepas nadat talle politici gevra het dat die subsidie onaangeraak moes by, wat later tot hewige meningsverskille gelei het.

Ekonome van die land sê die geweldige duur brandstof sal ander kommoditeite ook nadelig raak, wat die ekonomiese stand van die land in ʼn veel groter krisis dompel.