Kuba maak wette teen protes optogte

Enkele weke nadat derduisende mense in Kuba deelgeneem het aan protes optogte in die groter stede, het die regering nuwe wette ingestel wat strenger bepalings bevat teen die sosiale netwerk.

Die nuwe wette kom weens die optrede van die protesteerders wat hulle griewe teen die kommunistiese regering openbaar het, en wat goed gekoordineer kon word met behulp van die sosiale netwerk.

Die nuwe wet het ook strenger optrede teen oortreders, en sluit die media en die organiseerders van proteste in, en het die wet gepubliseer te midde van hewige besware en kritiek.

Die kommunistiese regering het ook sy benadering en maatreels verdedig deur die “kuber beveiliging” wat in die wet vervat is, uitgespel, maar die kritiek teen die inperkings het uit talle oorde gekom.

Die dekreet stel ʼn verbod in dat daar nie van die sosiale netwerk, of die media gebruik gemaak mag word om teen die regering te protesteer nie, en is aldus in die Amptelike Gazette van Kuba gepubliseer.