Klimaat: VN verslag skud wêreldleiers

Die onlangse verslag wat deur die Verenigde Nasies vrygestel is oor klimaat verandering, het skokgolwe deur die wêreld gestuur, en is bewyse gelewer dat wetenskaplikes se beramings te konserwatief was, terwyl dit duideliker word hoe vinnig aard verwarming toeneem.

Wêreldleiers en klimaat aktiviste is nou eenstemmig dat iets baie dringend gedoen moet word om ʼn totale ramp te voorkom.

Die optrede om ʼn klimaat krisis te voorkom, het nou die stadium bereik waar die omdraai punt al moeiliker word, maar daar is ook twyfel of die leiers wel die wetenskaplikes se aanbevelings sal volg, wat rampspoedige nagevolge kan beteken.

Aktiviste, wêreldleiers en burgerlike strukture het die week vergader om die gevare wat aan die kom is, te bespreek en te kyk tot watter mate kan die “Interregering Paneel oor Klimaat Verandering” nou beslag gee aan dit wat nodig is om die krisis af te weer.

Volgens deskundiges is dit nodig dat die temperatuur met minstens 1,5 grade Celsius moet verminder binne die volgende 15 jaar.

Die VN verslag toon dat dit ʼn vereiste is dat kweekhuis gasse, koolstof besoedeling deur kragsentrales met steenkool as energiebron, tesame met binnebrand enjins in voertuie die grootste besoedeling veroorsaak, terwyl vliegtuie ook deel uitmaak van die voertuie.

Kommer bestaan oor die feit dat die smelt van ys in die pool gebiede sal lei tot ʼn styging in die see se vlak met tot 2 meter. Dit kan talle kleiner eilande verswelg terwyl die miljoene mense wat daar woon, geen ander heenkome het nie.