Kernwapens: Sjina eersdaags verby Rusland

Tot hede was Rusland nog altyd een van die groot wapen krag-reuse van die wêreld, en is steeds op die boonste sport van elektroniese toerusting en kernwapen vervaardiging.

Ontleders het gevind dat die toedrag van sake nie meer vir baie lank so gaan bly nie, want Sjina is besig om baie vinnig in te haal op die Russe.

In die VSA word Sjina nou gelys as Amerika se hoof bedreiging, en nie meer Rusland soos voorheen die geval was nie.

Amerikaanse studies toon dat Sjina werklik innoverende wapentuig stelsels ontwikkel het en oor die kapasiteit beskik om daarvan in massa produksie te vervaardig.

Rusland het wel sekere wapentuig wat goed ontwikkel is, maar sy swak ekonomie stel hom nie in staat om dit op grootmaat te vervaardig nie.

In militêre kringe word daar nie meer vergelykings getref tussen die VSA en Rusland nie, maar wel oor die opkomende mag van Sjina, met sy sterk ekonomie en groot bevolking wat sekerlik ʼn bedreiging sal wees vir wêreldvrede. Daarbenewens is Sjina besig met ʼn omvangryke ruimte program, wat die moontlikheid van ʼn oorlog in die ruimte soveel gevaarliker maak.

Tydens die Trump bewind in Amerika is ʼn nasionale verdedigings strategie opgestel, en daarvolgens is Sjina die Weste se grootste bedreiging.