Kanadees in Sjina kry doodstraf

Die Sjinese hof het ʼn Kanadese man se aansoek om appel geweier nadat hy skuldig bevind is aan beweerde dwelm smokkelary, en is daarvoor die doodstraf opgelê.

Robert Schellenberg kon nie met sy regsverteenwoordigers vergader nie weens die pandemie, en sy aansoek om te appelleer teen die vonnis wat opgelê is, is deur die hof geweier.

Dwelms word streng verbied in Sjina, en smokkelary daarmee is uiters riskant, want die doodstraf is jou voorland as jy betrap word.

Die Kanadees is aanvanklik 15 jaar gevangenisstraf opgelê, maar is na 2 jaar in die tronk, weer verhoor na aanleiding van beweerde nuwe inligting, en is nou die doodstraf opgelê.

In Kanada bestaan daar bedenkinge oor die skuldig bevinding,  veral in die lig van die Kanadese hof wat vroeër die uitvoerende finansiële hoof van die Sjinese maatskappy Huawei skuldig bevind het aan spioenasie.