Kaboel terroriste dood VSA soldate

Die aanval op Amerikaanse soldate wat diens verrig het by die lughawe ingang van Kaboel, het die lewens van minstens 13 mense geëis. Die twee ontploffings het ʼn totaal van minstens 85 mense gedood, en ʼn onbekende aantal is beseer.

In reaksie op die bom aanvalle het president Joe Biden gesê die VSA sal nie geïntimideer word deur terroriste wat bomme plant nie, en sal tot 31 Augustus die mense uit Afghanistan neem.

Hy het bygevoeg dat Amerika die terroriste se aanvalle in ʼn ernstige lig beskou, en sal die Islamitiese Staat wat verantwoordelikheid aanvaar het, op paslike wyse laat vergeld vir hulle daad.

Die aanval wat verlede Vrydag gedoen is, het ook ʼn tweede bomplanting gehad by ʼn naby geleë hotel waar Britse burgers gehuisves is in afwagting om gehaal te word. Na verneem word was daar egter geen ongevalle by die tweede aanval nie, maar minstens 60 mense het beserings opgedoen.

Die pentagon het gewaarsku dat meer aanvalle deur die Islamitiese Staat verwag word, en die soldate in Kaboel gemaan tot uiterste paraatheid.