Italië arresteer vroulike Mafia baas

Maria Licciardi, wat op haar dag die mees gesoekte kriminele vrou van Italië was, is deur die polisie gestop terwyl sy gereed gemaak het om na Spanje te vlieg vanaf die Rome lughawe.

Die vrou word daarvan beskuldig dat sy as Mafia-baas van verskeie onwettige instansies geld ontvang terwyl sy ook sekere regte opeis van instansies wat bedenklike bedrywe in stand hou.

Die mees gevreesde Mafia baas, ook bekend as die “Godmother” onder misdadigers in die land, is gearresteer deur die polisie net voordat sy op die vliegtuig sou wees onderweg na Spanje.

Die 70-jarige Maria is die afgelope naweek op die lughawe van Rome aangekeer, nadat die Polisie in Spanje betyds waarskuwings aan Italië kon deurstuur dat die mees gesoekte vrou van plan was om na Spanje te vlug.

Sy het haar familie se tradisie as Mafia baas voortgesit na die dood van haar broer wat sy laaste dae in die tronk deurgebring het as die Camorra fmilie se Mafia hoof.

Die konserwatiewe regering van Italië het tydens hulle eerste oorwinning by die stembus, onderneem om die Mafia in die land te breek, maar alhoewel verskeie prominente lede reeds vasgetrek is, bestaan die gevaarlike mense se struktuur nog steeds.