Is dit Geheueverlies of nie?

Dit blyk dat van ons mense aan selektiewe geheueverlies ly.  ‘n Klompie maande gelede met die BlackLivesMatter gedoentes en die gedienstige gekniebuig van sportmanne het daar ‘n vreeslike bohaai opgegaan.  Rugby truie is verbrand en spelers is aangevat oor die feit dat hul ‘n sport god beweging gedienstig is. Wat gebeur nou?  Nou is ons mense maar weer rustig voor die een-oog god in die huis en skreeu lekker saam as dieselfde spelers vir die “ama-bokke” ‘n drie druk of ‘n ses slaan met sy knopkierie .  DIT is hoekom die wêreld daarbuite hul nie steur aan die bohaai wat ‘n klompie verkrampte boere afrikaners maak oor ‘n saak nie.  Vergeet is die wynboere wat heul saam met die ANC en hul president loof as die redder van SA want die wyn wat hul maak smaak darem lekker.  Vergete is die houding van Spur se bestuur rondom ‘n “rasse voorval” in een van hul eetplekke. Ons eet weer lekker Spur ribbetjies saam.

Is ons regtig eerlik en ernstig rondom ons Afrikanerskap en ons geloof?

Jan Coetzee