Iran: Nuwe president ingesweer

Die uitermatige hardgebakte Ebrahim Raisi van Iran is ingesweer as die nuwe president van die land gedurende ʼn spesiale sitting van die parlement.

Die 61-jarige man is die agste president van Iran sedert die revolusie, en sy oorwinning van Juniemaand in die presidentsverkiesing word in Iran gesien as as die persoon wat die land en sy mense sal dien en die eer van die land in stand sal hou.

Hy het belowe om vordering te maak in die opheffing van sanksies wat deur die VSA ingestel is, en het bepaalde sienings oor Iran se benadering teenoor die buiteland, en veral oor die verkoop van olie.

Tydens sy inhuldiging het hy gesê hy verwelkom enige diplomatieke optrede wat sy benadering sal bevorder oor sanksies en handelsboikotte wat opgehef moet word.

Oor die sanksies wat die VSA teen hom persoonlik ingestel het weens sy beslissings oor menseregte skendings terwyl hy regter was, is niks gesê nie.

Iran het onderhandel met ses moondhede van die wereld die afgelope jaar oor die moontlike terugkeer na die 2016 kernkrag ooreenkoms wat sy land met die Barak Obama regering aangegaan het, en die nuwe president kan die sanksies opgehef kry deur die onderhandelings suksesvol deur te voer met ʼn ooreenkoms.