Iran geblameer vir aanval op vragskip

Twee lede van die bemanning is gedood nadat ʼn olie tenkskip wat deur ʼn prominente Israeliese maatskappy bestuur word, naby Oman aangeval is.

Die aanval wat klaarblyklik met behulp van onbekende hommeltuie uitgevoer is, het die vaartuig wat onderweg is na Londen, nie groot skade berokken behalwe dat twee bemanning gedood is.

Woordvoerders van die Amerikaanse Weermag en die Londense basis het beide die blaam op Iran gesit wat klaarblyklik gebruikmaak van terreur groepe om die aanvalle uit te voer.

Israel het Iran beskuldig en gesê Tehran is besig om geweld te saai en ontwrigting te veroorsaak, en bygevoeg dat die Islamitiese Republiek van Iran nie net Israel se probleem is nie, maar die hele wêreld benadeel.

Woordvoerders van die VSA sê die ondersoek toon dat die aanval met hommeltuie gedoen is, wat die vinger direk na Iran wys.