Indië misluk met satelliet lansering

Die lansering van ʼn vuurpyl wat satelliet plasing moes doen, het misluk wat deur die Indiese ruimtevaart agentskap uitgevoer is.

Die vuurpyl kon nie die satelliet in die beplande wentelbaan kry nie, en het slegs vyf minute nadat die vuurpyl vertrek het, spoed verloor en terug gesink aarde toe.

Die Indiese EOS-03 is ʼn waarnemings satelliet wat om die aarde moet wentel en is vanaf die Dhawan Space Centre Dhawan Space Centre in die suide van Indië gelanseer.

Ingeligte bronne sê die Indiese Ruimtevaart Agentskap het ʼn baie kragtige satelliet verloor weens die fout in die laaste stadium van die vuurpyl wat nie voluit wou ontbrand nie.

Die eerste twee stadiums se ontbranding het uitstekend gewerk, maar die laaste stadium het ʼn tegniese fout gehad wat die vuurpyl met sy kosbare satelliet as vrag, laat terugval het na die aarde.