Hong Kong demokraat kry swaar vonnis

Tong Ying-kit is die eerste inwoner van Hong Kong wat tronkstraf opgelê is onder die kontroversiële nuwe Nasionale Veiligheids Wet.

Hy is tot hede die enigste een wat nie daarin kon slaag om die nuwe wet vry te spring nie, en kry boonop ʼn swaar straf van 9 jaar agter tralies.

Die pro-demokraat en voormalige kelner se straf is opgelê deur regters in Hong Kong wat volgens waarnemers deur die kommunistiese regering van Beijing “geplant” is in Hong Kong.

Die waterskeiding saak reel dat langtermyn implikasies voortaan sal geld vir die inwoners van die stad wat twee jaar gelede nog ʼn mate van demokratiese regte gehad het, maar sedert die openlike toetrede van Beijing het die toestand radikaal verander.

Die kommunisties geïnspireerde wet is deurgevoer kort nadat die pro-demokrate besluit het om uit die raadsaal te stap en eenparig hulle bedankings as verkose lede ingedien het.

Die jong kelner is “skuldig bevind” op aanklag dat hy hom met terroristiese aktiwiteite besig gehou het, en hy kon nie daarin slaag om die teendeel te bewys nie.

Hy is aangekla dat hy verlede jaar op ʼn motorfiets verby die polisie gery het met ʼn vlag wat gewaai is waarop geskryf is “Bevry Hong Kong” wat as terrorisme beskou word.