Honderde onwettige immigrante gered

Ocean Viking, ʼn reddingsvaartuig wat hoofsaaklik in die Mediterreens See funksioneer, het die afgelope naweek meer as 700 mense van ʼn gewisse see dood gered.

Die onwettige immigrante probeer om met bote wat nie see vaardig is nie, oor die Mediterreense See te vaar hoofsaaklik vanaf die Libiese kus, om in Europa te soek na ʼn beter lewe.

Volgens die woordvoerder is daar ook mense afkomstig van Malta gewees wat gepoog het om die see aan te durf wat een van ses onveilige vaartuie gebruik het, en deur die Ocean Viking gered moes word.

Een van die bote het met 106 mense aan boord probeer om die kus te bereik, maar het probleme ondervind wat deur ʼn Duitse vaartuig opgemerk is, en wat die noodsein gestuur het.

Honderde mense verdring jaarliks in die gebied, en die Ocean Viking se reddingswerk het die afgelope jare die lewens van baie onwettige immigrante gered.

Die reddingsvaartuig het glo gedurende die nag meer as 400 mense van ʼn gewisse water dood gered, en alhoewel die Viking die werk gedoen het, is later verneem dat ʼn ander vaartuig ook sowat 100 mense gered het, en hulle teruggeneem na Malta vanwaar hulle gekom het.