Honderd jarige word hof toe gesleep

Die beskuldigde was in die jare 1942 tot 1945 ʼn tronkbewaarder by die Sachsenhausen kamp naby die Duitse hoofstad Berlyn, maar die erg bejaarde man van 100 jaar, wie se naam nie genome mag word nie weens wetlike vereistes, word nou vervolg.

Duisende mense is na bewering gedood in die Sachsenhausen kamp, en die voormalige bewaarder word nou vervolg in die distrik van Neuruppin, ʼn dorp in die oostelike deel van Brandenburg.

Te midde van die man se hoë ouderdom sal hy verplig wees om vir sowat 2,5 ure per dag in die verhoor aanwesig te wees.

Hy is nie die eerste persoon wat op besondere hoë ouderdom, as oud Nazi geïdentifiseer te word en vervolg word nie.

Bewerings word gemaak dat duisende van die 200,000 mense wat gevange geneem is en in die konsentrasiekamp aangehou is, was glo slagoffers van die Nazi’s.