Hiervoor oorweeg VSA belasting korting

ʼn Aantal Demokrate uit die politieke arena van Amerika hoop om ʼn uitbreiding te bevorder van besparings op federale belasting op energie om daardeur dit makliker te maak vir huiseienaars om sonpanele op die dak aan te bring.

Die sonpanele, soortgelyk aan die wat Elon Musk se Tesla fabriek vervaardig, word beskou as ideaal om sodoende die land se totale energie plan meer omgewings vriendelik te kry.

Die nuwe gedagte is deur die Demokrate se Kongreslid van New Jersey, Mikie Sherrill en Georgia se senator Jon Ossoff voorgestel.

Hulle stel voor dat woonhuise en kleiner sakeondernemings ook kan kwalifiseer vir belasting krediete as hulle van die sonpaneel skema gebruikmaak.

Volgens die voorstel is die huidige 26% belasting krediet nie genoeg om die sonpaneel dak te dek nie, en word as ʼn hindernis beskou om die beter en skoner omgewing te bevorder.