Hier kom ʼn kabinet skommeling

Met Ace Magashule wat nou die Grondwethof wil nader oor sy skorsing as sekretaris-generaal van die ANC, en met Jacob Zuma in die tronk, terwyl baie gearresteer word weens betrokkenheid by die opstand van weke gelede, word die verdeeldheid in ANC geledere al duideliker.

Verskeie meningsvormers en politieke ontleders is van oordeel dat ʼn kabinet skommeling binnekort verwag kan word, wat sleutel veranderings gaan beteken.

Van die Minister van Gesondheid wat nou sy saak wil verdedig nadat hy etlike weke gelede al geskors is, tot by die minister in die presidensie, is alles faktore wat daarop dui dat die president nie veel langer

Die poste van geskorste ministers en ander moet gevul word, en dit skep die geleentheid om ontslae te raak van ministers wat Zuma ondersteuners is en wat Ramaphosa se taak om doelgerig te regeer, toenemend bemoeilik.

Die Digital Vibes skandaal waarby Zweli Mkhize betrokke kan wees, is reeds die beste geleentheid om ʼn algehele skommeling te doen, sê politieke ontleders.