Hewige aardbewing tref Filippyne

Die middelpunt van ʼn hewige aardbewing was in die see op die diepte van 65 km, en tientalle naskokke het paniek veroorsaak by inwoners van die Filippyne.

Die episentra was meer as 55 km van die Filippynse kus en het die Richterskaal laat swaai na 7.2 volgens die VSA Geologie Agentskap.

Die grootste skudding het in die stad Pondaguitan wat in die suidoostelike deel van die eiland geleë is, maar volgens die eerste berigte is geen lewensverlkies aangeteken nie, en geen ernstige skade is aan geboue gevind nie.

Van die skokke is deur Thailand geregistreer waarvan die laaste naskok 5.0 geregistreer het.

Alhoewel die sentrale punt van die aardbewing in die see was, het die Amerikaanse Nasionale Weerdiens gesê  daar was geen risiko dat ʼn tsoenami sou ontwikkel nie.

Die Filippynse eiland is op die geologiese aktiewe Oseaan Ring van Vuur geleë met die gevolg dat die eiland blootgestel is aan gereelde aardbewings en skuddings.