Haiti in reuse krisis

Verlede Donderdag tref Haiti weer die aardbewing soos wat dit enkele jare gelede was, maar hierdie keer is die Richterskaal op 7,2 teenoor die 7,0 van die vorige keer in 2010 toe die eiland deur ʼn tsoenami getref is wat duisende mense se dood veroorsaak het.

Hierdie keer was die sentrale punt van die aardskudding nie so diep onder die see nie, maar tientalle kerke, huise en ander geboue is verwoes, en 1,307 mense het omgekom terwyl baie mense as vermis aangegee is.

Verskeie lande het humanitêre hulp aangebied en redding spanne het na die gebied gehaas om die mense te help, maar woordvoerders sê die dodetal sal nog verder styg en die verwagting is dat die herstelwerk aan die beskadigde infrastruktuur etlike jare kan neem.