Haiti dodetal styg steeds

Meer as 2,000 mense het omgekom in Haiti, en sowat 10,000 het ernstige beserings opgedoen tydens die geweldige tropiese storm wat na die aardbewing oor die eiland gekom het.

Derduisende gesinne het hulle woonplekke en al hulle besittings verloor met die aardbewing wat 7,2 op die Richterskaal geregistreer het, en toe kom die storm wat verdere verwoesting veroorsaak.

Hulp van oor die Westerse lande het bygedra om die nood te verlig, maar opnames toon dat dit baie jare sal neem om die skade te herstel, al sou finansiële hulp gebied word.

Die hospitale sukkel om plek te maak vir al die beseerdes, terwyl die koronavirus pandemie ook besig is om vinniger te versprei weens die chaotiese toestand wat heers.

Die tropiese storm Grace het die suidelike deel van die eiland eerste getref en die VSA se Nasionale Ramp Sentrum het gewaarsku dat vloede en modder stortings nog meer lewens kan opeis.