Groenland hittegolf laat ys smelt

Wetenskaplikes sê die ys wat in Groenland smelt weens die geweldige hittegolf wat heers, veroorsaak dat voldoende hoeveelheid water in een dag vloei wat ʼn gebied soos Florida in die VSA, met 50 mm water sal bedek.

Terwyl die ys smelt, veroorsaak dit dat die hitte toeneem en die ys nog vinniger smelt, wat volgens navorsers veel vinniger gebeur as wat in die swakste scenario voorspel is.

Die wetenskaplikes waarsku dat die voortdurende hitte, kan veroorsaak dat die see met tot 7 meter hoër kan opstoot, wat baie lande se dorpe en stede sal verwoes.

Die Groenland Ys laag ondervind tans sy grootste smelting wat nog aangeteken is, alhoewel daar meningsvormers is wat sê dat die smelting van 2019 tog groter was, word dit geraam dat dit slegs so is as die huidige hittegolf verbreek word en smelting gaan ophou.