Griekeland: Duisende vlug uit Athene

Duisende mense in die Griekse hoofstad Athene moes uit hulle woonhuise vlug om nie verswelg te word deur die geweldige vlamme van die bosbrand wat deur sterk wind aangedryf is nie.

Die brand wat aan die noorde kant van die stad vir die vyfde dag onophoudelik woed, het die owerheid verplig om mense te beveel om die deel van die stad te verlaat.

ʼn Woordvoerder van die owerheid het gesê die aller verskriklikste brande het Griekeland omskep in ʼn land van poeier en kole.

Die vyfde dag van hewige stryd wat brandbestryders gehad het, is die naweek beëindig toe die gevaarlikste brande geblus is, maar ʼn dag later het die vlamme weer opgestaan nadat die sterk wind onophoudelik gewaai het.

Sowat 60 dorpies en nedersettings is ontruim en gedurende die afgelope naweek moes redding spanne ook in die mees suidelike deel van die land bystand verleen, terwyl die weerburo waarsku dat nog enkele dae van uitermatige hoë temperature verwag word.