Gevaarlike spanning tussen Israel en Iran

Die spanning tussen Iran en Israel is besig om die “rooi lyn” oor te gaan wat veroorsaak is met die aanval op die Mercer Street vragskip naby die kus van Oman.

Die beskuldiging van Israel dat Iran verantwoordelik is vir die aanval op die vaartuig, het die reeds gespanne verhouding verder verhoog tot ʼn gevaarlike vlak.

Die Liberiese-vlag olie tenkskip is vermoedelik aangeval met hommeltuie en Israel se nuwe Eerste Minister,  Naftali Bennett, het Iran daarvoor beskuldig dat hy verantwoordelik is vir die aanval waarin 2 persone omgekom het.

Tehran het die beskuldigings verwerp terwyl Israel beweer dat hy oor bewyse beskik en verwag dat die internasionale gemeenskap dit duidelik sal maak dat Iran se regime ʼn ernstige fout begaan het.

Israel sê hy weet egter net hoe om ʼn boodskap aan Iran te stuur en sal dit op hulle eie tyd en eie manier doen.

Intussen het die VSA en die Verenigde Koninkryk by Israel aangesluit en die Minister van Buitelandse Sake, Domenic Raab, sê sy land glo die aanval was doelbewus geteiken, en ʼn oortreding deur Iran van die internasionale wet.

Iran het in reaksie gesê die Sionistiese regime moet dit staak om sulke belaglike aantygings te maak.