Gaan Biden sy woord hou?

Die Amerikaanse president, Joe Biden, kon nie daarin slaag om die sperdatum vir bevryding van mense in Afghanistan te verskuif nie, en het onderneem om voor of op 31 Augustus alle VSA burgers uit die land te kry.

Die bom aanvalle van Vrydag waartydens 13 Amerikaanse soldate gedood is volgens die Pentagon se verklaring, het wye reaksie in Amerika ontlok, en die president het gesê die dood van die troepe sal gewreek word deur jag te maak op die terroriste van die Islamitiese Staat.

Meningsvormers wys daarop dat dit moontlik beteken die VSA gaan sy troepemag weer vestig in Afghanistan as die terroriste gejag moet word.

Dit is onduidelik vir die Republikeine van Amerika wat die president in gedagte het, veral in die lig van die sperdatum van 31 Augustus. Die Taliban het geweier om die VSA en enige ander Westerse land toe te laat om nog mense uit die land te neem, wat beteken die landingsreg wat tot 31 Augustus gebied word, nie meer beskikbaar sal wees daarna nie.

“Hierdie IS terroriste sal nie wen nie. Ons wil die Amerikaners red uit die land. Ons sal ons Afghanistan alliansie vennote uit kry en ons missies al voortgaan” het die president gesê.

“Amerika sal nie geïntimideer word. E nek het volle vertroue in ons brawe weermaglede wat voortgaan om hulle taak en missie uit te voer met vasberadenheid en eer om die lewens van Amerikaners en ons vennote uit Afghanistan te kry.