Filippynse president wil visepresident wees

President Rodrigo Duterte van die Filippynse Eiland het glo besluit om in die volgende verkiesing as kandidaat vir die amp van visepresident beskikbaar te wees,

Die president se politieke party is oorreed om hom vir die amp te nominee, maar kritici reken dit is die president se poging om die mag te behou na sy eie termyn as president verstryk het.

Die verkiesing wat in 2022 gehou word, is algemeen beskou as die geleentheid om nuwe inisiatief aan te wys om die land te lei, maar die nuwe wending wat wel toelaatbaar is, maar tog ʼn vreemde benadering is, het die opposisiepartye aan die gons.

Die aankondiging is deur die regerende party bevestig, wat hom die geleentheid bied om nog sy politieke mag te gebruik nadat hy ses jaar as president regeer het.

Die regerende party het besluit om Christopher “Bong” Go, as presidentskandidaat te nomineer, wat ʼn jarelange vriend van President Duterte is en wat enkele jare gelede as senator aangewys is.