EU help Turke teen bosbrande

Lidlande van die Europese Unie het besluit om drie lug tenk vliegtuie aan Turkye te stuur om die president Erdogan en sy regering te help wat tans groot kritiek van Turkye se inwoners moet verduur.

Die agt persone wat omgekom het in die brande het inwoners ontevrede gemaak en sê die president en sy regering is onbevoeg en onvoorbereid gewees om die brande te stuit.

Terwyl die brande voort woed en brandbestryders sukkel om die vlamme te stuit, sê die president dat sy land nie oor voldoende toerusting beskik om die brande suksesvol te bestry nie.

Die geweldige hittegolf, en uitermatige sterk wind, het die taak van die brandbestryders veel moeiliker gemaak, en deskundiges sê die drie vliegtuie wat met groot tenks toegerus is, sal ʼn groot verskil maak om die stryd te wen.

Turkse kiesers is hoogs ontevrede oor die wyse waarop die regering van President Recep Tayyip Erdogan die krisis hanteer, veral nadat die president die blaam vir die brande op die Koerdiese bevolking geplaas het, net om dit later terug te trek toe die feite voorgelê is.