Ethiopië: Duisende kinders kan sterf

Meer as 100,000 minderjarige kinders kan in Ethiopië omkom in die noorde van die land, het die Verenigde Nasies se afdeling vir Kindersorg die naweek bekendgemaak.

Die Tigray streek gaan deur sy ergste krisis, en lewensverlies onder kinders kan eersdaags skrikwekkende afmetings aanneem as dringende voedsel en ander noodsaaklike lewensmiddele nie betyds in die landstreek beskikbaar word nie.

Die VN woordvoerder, Marixie Mercado, het gesê dat een uit elke twee verwagtende en borsvoeding vroue in die streek is self ook akuut ondervoed.

Baie van die vroue is verwagtend of het reeds ʼn baba wat deur verkragters van die terreur groep teweeggebring is, en is mense wat oor geen inkomste beskik nie, en is ook nie getroud nie.

Die VN woordvoerder sê die vrees bestaan dat die toestand nog verder kan uitbrei, en kleingoed wat reeds 2 jaar oud is, kry glo die swaarste en is gewoonlik weens swak voeding, slegs 30% van normale gewig, en kan te enige tyd van swakheid omkom.