Eskom wil wegkom van steenkool

Die Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom, Andre de Ruyter, het ʼn finansiele plan uitgewerk om te help dat die maatskappy in staat gestel kan word om weg te beweeg van steenkool.

De Ruyter sê Eskom maak ʼn voorstel dat ʼn multi-uitleen fasiliteit ontwikkel op finansiële gebied van instellings wat in segmente oor n aantal jare betaal word.

Mandy Rambharos, die hoof van Eskom se energie oorskakeling afdeling het voorheen gesê die omskakeling weg van steenkool sal sowat R146 miljard beloop.

Eskom oorweeg die moontlikheid om van steenkool na wind en sonkrag te beweeg, sowel as hidro-krag en gas, het De Ruyter die afgelope week aan ʼn parlementêre kommissie verduidelik.

Die omskakeling sal glo geleidelik gedoen word, en kan oor ʼn lang tydperk gedoen word, wat langtermyn voordele inhou, maar wat moeilik haalbaar sal wees, meen finansiële deskundiges.