Eskom wil ontbondeling begin

Eskom Holdings, die Staats entiteit wat meer as 80% van die land se elektrisiteit verskaf, sê hy is besig om adviseurs aan te wys oor hoe die herstrukturering en verdeling na drie afsonderlike entiteite gedoen kan word.

Die verdeling wat glo meer effektief bestuur sal kan word, se massiewe skuldlas sal ook verdeel moet word, wat volgens sekere ekonome, ʼn ingewikkelde proses sal wees.

Die verdeling na drie entiteite van Eskom, wie se hoof basis in Johannesburg geleë is, se verdeling na drie afsonderlike entiteite, is eerste deur ANC president Ramaphosa geopper sowat twee jaar gelede.

Eskom sit egter met ʼn skuldlas van sowat R400 miljard, en het die land se ekonomie sedert 2005 geskok met sy gereelde beurtkrag onderbrekings.

Daar sal dus hard en goed gedink moet word as ʼn span deskundiges op verskillende terreine van die entiteit, die verdeling so doen dat al drie die entiteite ewe swaar dra aan die skuldlas, is gesê.