Een ton dwelms saam met piesangs

Wat beskou is as die grootste besending dwelmmiddels wat nog ooit in die klein Balkan staat Montenegro gevind is, is deur beamptes gevind tussen ʼn besending piesangs.

Net meer as een metrieke ton kokaïne is die naweek gedurende ʼn soektog wat in die nagtelike ure uitgevoer is, in Mojanovici, ʼn voorstad naby die hoofstad Podgorica gevind.

 Die polisie woordvoerder sê die 1 ton kokaïne is gevind waar dit saam  met ʼn reuse besending piesangs verskeep is, was in pakke opgemaak wat ʼn totaal van 1,205 pakke is.

Die polisie kon slegs twee persone arresteer wat met die besending gemoeid was, en die vermoede bestaan dat Interpol genader sal word om te probeer vasstel wie die dwelm base is wat agter alles sit.

ʼn Woordvoerder van die regering sê die land het besluit om meer effektief op te tree teen misdaad, en die afgelope ses maande is grooot sukses bereik deur die polisie van die land.