Duitsland: Taai verkiesingstryd wag

Ondersteuning vir die gematigde-linkse Sosiaal Demokrate van Duitsland het volgens die jongste meningspeilings,  redelike toename in ondersteuning gekry vir die eerste stemming wat in September gehou word.

Hierteenoor het die konserwatiewe regerende Christen Demokrate Unie van Kanselier Merkel aansienlike steun verloor, wat hoofsaaklik deur Merkel se immigrante beleid veroorsaak is.

Met verkiesingsplakkate wat regoor die land sigbaar geword het, begin die koors hoog loop, en in die komende vyf weke voor die parlementêre stemdag sal die twee partye mekaar opponeer terwyl hulle om die oomblik saam in ʼn koalisie regering vasgevang sit.

Die konserwatiewe Christen Sosiale Unie wat die vennoot van Merkel se Christen Demokrate Unie is, is egter ʼn versterking van die konserwatiewe leiers. Die konserwatiewes en die gematigde linkses het volgens die peiling bykans eweveel steun, en met die nuwe leier in plek van Kanselier Merkel wat nou uittree, kan dit in die guns van die Christen Demokrate tel.

Volgens die peiling het Merkel se CDU egter sedert 14 Augustus 3% steun verloor, wat die skaal terugswaai na ʼn redelike gelykop situasie.