Duitsland: Gunsteling kandidaat trap klei

Armin Laschet, die konserwatiewe kandidaat wat ook die gunsteling is om Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland op te volg, het die afgelope week twee keer sy verskoning moes aanbied.

Die eerste keer is hy skerp gekritiseer oor sy hantering van die vloedskade wat in groot dele van die land ondervind is, en het later sy verskoning aangebied vir sy verkeerde optrede.

Die tweede keer wat Laschet sy verskoning moes aanbied, het gekom toe bewyse gelewer is dat hy hom skuldig gemaak het aan plagiaat.

Hy het eers erken dat hy wel skuldig is, en dadelik daarna sy verskoning aangebied, maar baie konserwatiewe ondersteuners vind sy optrede uiters teleurstellend.

Die plagiaat het glo voorgekom in ʼn boek wat hy in 2009 gepubliseer het terwyl hy premier van ʼn Duitse deelstaat was, en sy verskoning was vereis na bevind is dat hy ʼn ander skrywer se werk sy eie gemaak het.

As die belangrikste kandidaat vir die amp as kanselier, wat in September se verkiesing bepaal gaan word, is daar mense wat reken die twee foute kan hom ʼn aansienlike terugslag gee.

Die hoop is op Armin Laschet geplaas deur die Christen demokratiese Unie, dat hy verkies sal word as kanselier, en dat daar onder sy leiding weer ʼn sterk regering sonder die sosialiste as koalisie vennoot sal wees.