Duitsland benodig duisende werkers

Europa se land met die magtigste ekonomie, en wat nou reeds vir etlike dekades sonder enige buitelandse skuld sit, se bevolking is aan die verouder, en dit beteken dat namate mense aftree, daar nie voldoende jonger mense is wat al die poste kan vul nie.

Die land is desperaat om meer opgeleide immigrante te ontvang om die leemte te vul, en die lae geboortesyfers wat hiervoor verantwoordelik is, kan slegs met immigrante reggestel word.

Die Duitse Federale Arbeid Agentskap sê minstens 400,000 opgeleide, en bekwame immigrante behoort jaarliks in die land toegelaat te word om aan die vraag te voldoen.

Die verandering in demografie sal Duitsland dwing om meer mense te lok indien hy die grootste ekonomiese in die Europese Unie wil bly, het die agentskap gewaarsku.

Dit is egter nie net Duitsland wat met die veroudering van die bevolking worstel weens die lae geboorte syfers nie. Sjina het nou toegelaat dat egpare tot drie kinders per gesin mag he, om die tekort aan arbeid wat besig is om te ontstaan, die hoof te bied.

Volke kan ook nie te lank daarmee wag nie, want op ʼn stadium verouder die volk sodanig dat dit nie meer reggestel kan word nie, wat die gevaar inhou om as volk te verdwyn.

Die Afrikanervolk het reeds die draaipunt verloor, en sal slegs as volk kan voortbestaan as daar in die volgende twee dekades minstens vier kinders per gesin gebore word.