Duitse vliegtuie is gekortwiek met landing

Ten minste twee groot militêre vliegtuie van Duitsland wat wou land om vlugtelinge in Afghanistan te help, kon nie op die Kaboel Internasionale lughawe neerstryk nie.

Die Duitse A400M vliegtuie was genoodsaak om in die lug te sirkel vir ʼn tyd totdat daarin geslaag kon word om die paniek bevange skare wegf te kry van die aanloopbaan waar die vaartuie moes neerstryk.

Een van die reuse vliegtuie moes na Tashkent  vlieg om daar brandstof in te neem en te wag tot die aanloopbane oopgestel is voor hy kon neerstryk.

Die Afghane is so paniekbevange dat hulle die vliegtuig bestorm het en ingeklim het asof dit die laaste geleentheid sou wees om te vlug, maar sommige het aan die buitekant van die vliegtuig gehang, waarvan minstens twee mense gedurende die vlug geval het na hulle dood.

Later het die VSA probeer om die chaos reg te stel deur opdrag te gee dat sy troepe in Kaboel na die lughawe ontplooi word om die landingsbane oopgestel te kry en die skare te kalmeer.