Duitse sosialiste neem voortou

Die gematigde linkse Sosiaal Demokrate Party van Duitsland het volgens die nuutste peilings, die voortou geneem met die meerderheid steun vir die komende verkiesing.

Die bevinding is gemaak deur een van die mees betroubare agentskappe in Duitsland, wat beteken die Christen Demokrate Unie waarvan kanselier Merkel nog die hoof is, kan die verkiesing verloor.

Dit is die eerste keer in die afgelope 15 jaar dat die sosialiste die meerderheid steun het volgens meningspeilings, en die jongste peiling kom kort voor die algemene verkiesing van Septembermaand.

Die twee grootste partye, wat jare in opposisie teenoor mekaar staan, is tans in ʼn koalisie regering weens Merkel se roekelose beleid oor immigrante uit die Midde-Oosterse lande.

Sy tree nou uit as politieke leier, en word as kandidaat vir die amp van kanselier, vervang deur Armin Laschet wat nou volgens die peilings ʼn agterstand het wat binne weke ingehaal moet word.

Alhoewel daar slegs ʼn een persentasie punt verskil is, bestaan die moontlikheid dat die sosialiste dit verder kan verbeter, en is die verwagting dat hulle alles moontlik gaan doen om die voorsprong te behou.

Die nasionalistiese AFD se steun word op 10% gestel, en die konserwatiewe Christen Demokrate het 22% teenoor die sosialiste se 23%.

Die Vrye Demokrate het 12% steun teenoor die linkse Groenes se 18%.