Duisende geweer patrone ook gesteel

Duisende koeëls is deur die plunderaars gesteel gedurende die weke van chaos in Natal en Gauteng, maar die patrone is in Natal uit ʼn skeepsvrag houer gesteel wat ook geplunder is.

Een van die moontlike verdagtes is betrap dat hy met van die gesteelde koeëls op die polisie losgebrand het, maar hy is vinnig aangekeer en die doppies van sy wapen stem ooreen met wat uit die skeepsvrag houer gesteel is.

Die polisie is nog op soek na die duisende koeëls wat gesteel is, en wat waarskynlik bedoel was om gebruik te word in die kaping wat klaarblyklik beplan was deur die diewe en plunderaars.

Ingeligte bronne beweer dat die ammunisie bedoel was om die Staat kapings proses” te ondersteun, en die vermoede bestaan dat dit goed weggesit is om nie deur die polisie gevind te word nie.

Die polisie het een deel van die ammunisie gevind, maar daar is nog duisende koeels in iemand se besit wat algehele chaos kan veroorsaak.

Die soektog na die opstokers duur nog voort, en onbevestigde berigte is ontvang dat van die opstokers, wat glo lede van die ANC is en Jacob Zuma ondersteun, dalk tydelik die land verlaat het en skuil in van die naburige Afrika state.

Die vrag ammunisie is naby Durban uit die skeepsvrag houer gesteel, maar is glo bedoel om in Gauteng gebruik te word. Polisie het intussen ook begin rondsoek in Gauteng na moontlike leidrade.