Duisende dakloos in Haiti

Dokters en verpleeg personeel voer ʼn geweldige stryd in hospitale van Haiti om die duisende pasiënte te behandel wat beserings opgedoen het tydens die onlangse aardbewing wat honderde geboue inmekaar laat stort het.

Nagenoeg 1,350 mense is dood  en duisende het beserings opgedoen tydens die skudding wat 7,2 op die Richterskaal geregistreer het.

  Kort na die aardbewing het ʼn tropiese storm veroorsaak dat nog meer as 1,400 mense slagoffers geword het van die natuur ramp.

  Die aardbewing was Saterdag so geweldig dat geboue van sement en steen inmekaar gestort het en honderde mense in die puin begrawe het. Reddingswerk is bemoeilik toe die tropiese storm die eiland getref het wat nog baie meer mense dakloos en vermis gelaat het.

Meer as 7,000 woonplekke is vernietig, en sowat 5,000 ander geboue is onherstelbaar, wat baie meer as 30,000 gesinne dakloos laat.

Talle skole, kantore, kerke en ander belangrike geboue is deel van die duisende strukture wat beskadig is, en waarvan die meerderheid onherstelbaar is.