Duisende Afghane moet stad verlaat

Inwoners van die stad Lashkar Gah in Afghanistan het reeds meer as 40 mense in een dag aan die dood afgestaan wat klaarblyklik deur lede van die Taliban vermoor is in ʼn skietgeveg.

Duisende inwoners het op die vlug geslaan en baie het padgegee op versoek van die regering se troepemag wat die Taliban uit die stad wil verdryf.

Die weermag soldate is besig om gereed te maak om die stad wat gedeeltelik deur die Taliban ingeneem is, te verdryf, maar militêre deskundiges sê dit gaan ʼn uitgerekte geveg wees wat weke kan duur.

Die Taliban het reeds nege van die tien distrikte van Helmand provinsie oorgeneem wat die weermag laat besef het dat hy die inwoners van stad Lashkar Gah moet waarsku om te vlug voor die geveg met die Taliban vegters sou begin.

Die uittog van buitelandse troepemagte het die Taliban laat optree teen ʼn versnelde pas, en homself in groot gebiede gevestig wat hy nou beheer.

Die hoof van die regeringsmagte, generaal Sami Sadat, het gesê dit is nou oorlog, en dat sy leërmagte vasbeslote is om nie ʼn enkele vegter van die Taliban lewendig te laat nie.