Duisende Afghane mag na VSA

Die Verenigde State van Amerika se woordvoerder het aan die media gesê hy sal duisende meer vlugtelinge uit Afghanistan ontvang as die veiligheid omstandighede voortduur in Afghanistan waar honderde tolke vir die VSA wag om die land te verlaat.

Die uittog van tolke het die president, Ashraf Ghani, daarop laat reageer en gesê dit is die VSA se skuld dat  die krisis ontstaan het.

Die tolke en hulle naaste familielede is onder die duisende Afghane wat wettiglik aansoek doen vir hervestiging in die VSA, en die Biden-regering se besluit om nog meer vlugtelinge uit Afghanistan te huisves, kan  beteken dat die total aansienlik meer is as die 20,000 tolke se aansoeke.

President Biden het die deur wyd oopgemaak vir Afghane wat na die VSA wil emigreer en gesê die VSA weet daar s Afghane wat nie kwalifiseer om aan die spesiale program deel te neem nie, maar wat wel hulp gegee het aan troepe wat dus verdien om geakkommodeer te word.

Die reëls om te kwalifiseer is redelik eenvoudig opgestel, naamlik dat Afghane wat in diens van die weermag was, of wat as tolke opgetree het op ʼn agentskap op te rig en ander persone wat op allerlei ander maniere gehelp het, mag na die VSA as vlugtelinge verhuis, is gesê.