Dokters verlaat Suid-Afrika

Die regering se nasionale Gesondheidsplan is die hoofrede waarom ʼn aansienlike aantal dokters en ander gesondheidswerkers van plan is om die land te verlaat.

Die beoogde nuwe Gesondheidsplan se stelsel is vir menige dokters ʼn onaanvaarbare sisteem, en verkies om eerder elders in die wêreld te gaan praktiseer.

Die Navorsing Instituut sê in sy jongste verslag dat sy peiling onder die werkers in die gesondheidsdienste kommerwekkende inligting verstrek oor hoeveel mense dit nou oorweeg om die land te verlaat. Die deelnemers is gevra om hulle kennis oor die nuwe plan te deel, en die oorweldigende mening is dat daar geen vertroue is in die nuwe Nasionale Gesondheidsplan nie, en geen toekoms word voorsien nie, wat meebring dat dit beter sal wees om die land te verlaat.

In verskillende peilings wat gehou is sedert 2018 tot vanjaar, het meer as 1,400 dokters gesê hulle oorweeg dit om die land te verlaat omdfat daar geen vertroue is in die werkbaarheid van die regering se sosialistiese benadering nie.

Dokters sê die stelsel laat ruimte dat die staat kan besluit watter tariewe gevra mag word, en dat dokters “uitgeplaas” word na enige plek soos swart woongebiede, en dat die tipe diagnoses wat medikasie en behandeling betref, nie aan alle wetenskaplik getoetste vereistes voldoen nie.

Kenners wys daarop dat die lading per geneesheer drasties verander, en die vermindering van geneeskundiges om die 60 miljoen inwoners te bedien, sal meebring dat gehalte diens nie altyd aan die pasiënte moontlik sal wees nie.

Sowat 15% van die dokters wat ondervra is, het gesê hulle planne is reeds in werking om die land te verlaat binne die volgende paar maande. Die situasie sal egter vererger sodra die Gesondheidsplan amptelik in werking is, want sowat 40% van die deelnemers het gesê as die Plan werklikheid word, verlaat hulle die land. Slegs 15% van die deelnemers het te kenne gegee dat hulle in die land sal aanbly as die nuwe stelsel werklikheid word.