Die goed beplande oorgawe

Terwyl die oningeligte mense van die wêreld met verbasing toekyk hoe ʼn rebele mag die regering oorneem in Afghanistan, is daar die meester brein wat die oorgawe na die Taliban goed en deeglik beplan het.

Die oorgawe is nie gedoen asof die Taliban werklik die “oorlog” gewen het nie, die oorgawe is ʼn stap om die einde van die 20 jaar van konflik te verseker.

Die groot uittog van 20,000 of 30,000 Afghane na die VSA en Europese lande is maar ʼn druppel van die meer as 30 miljoen wat agter gebly het in Afghanistan om onder die juk van die Islamitiese regering te staan.

Die wêreld sien dit as ʼn groot geveg teen die Taliban wat verby is, maar die Taliban en sy alliansie sien dit as ʼn oorwinning teen die Weste en die Christendom.

Die bewering word gemaak dat die Sjinese nie ligtelik sy “samewerking” aan die Taliban gegee het nie, want die volgende uitbreiding van sy mag is reeds besig om te realiseer deur die duisende Sjinese troepe wat tans in “operasionele oefeninge” is op die grens met Taiwan.  Die vermoede bestaan dat dit die volgende punt van konflik sal word, en Westerse lande wat reeds die afgelope jaar met sanksies en boikotte teen Sjina is, word gesien as deel van die magspel want die Weste sal Taiwan wil steun, en die Sjinese kommunisme sal die teenpool wees wat uiteindelik seëvier soos wat in Afghanistan gebeur het.

Onbevestigde berigte lui dat Westerse lande in onderhandeling met Taliban leiers was om die finale oorgawe te reël om dit seepglad te laat verloop.

Die Afghaanse president vlug betyds, sonder om een skoot af te vuur teen die rebelle, want hy doen dit “om mense se lewens te spaar” en te beskerm. Die een na die ander groot stad swig voor die vegters, en geen vinger word geroer in verset nie.

Nou wag die wêreld om te sien wat Sjina met taiwan gaan doen – sal dit dieselfde patroon volg as wat in Afghanistan afgespeel het, of is daar nuwe planne om die oorname ewe geloofwaardig te laat lyk …….

Die gegewens is verstrek deur ʼn gesoute joernalis en verslaggewer uit die VSA.