Die aarde “in rekord” brande

Te midde van die somer wat rekord hoë temperature op sekere dele van die wêrelddele gehad het, het daar groot dele in versengende hitte ook nog droogtes beleef wat hewige is as wat ooit voorheen opgeteken is nie, en geweldige vloede het ander dele van die wêreld oorstroom, terwyl bosbrande oral tot algehele paniek en chaos gelei het.

Van al die natuur verskynsels, wat dui op klimaat verandering, het die bosbrande wat in groot woude van die wêreld voorgekom het, en steeds op plekke woed, die kommer laat ontstaan dat die woude wat die suurstof van die aarde produseer, aan die krimp is weens die brande.

Die noodwendige nagevolg is dat die hitte ook bevorderlik is vir die smelt proses in die twee pole, noord en suid, waar daar reeds groot stukke aarde nie meer met ʼn yslaag bedek is nie.

Die enorme oppervlaktes van woude, soos in Brasilië, Rusland, Griekeland en ander plekke, wat reeds afgebrand het, is van die belangrikste faktore wat lei tot minder suurstof en meer koolsuurgas.

Die gebeure vorm alles deel daarvan soos deur die VN verslag uiteengesit is, dat die afgelope ses jaar het aard verwarming toegeneem en sal die mensdom drastiese maatreëls moet toepas as hy die enorme krisis wil afweer.

Deskundiges het gewaarsku dat die omkeer van aard verwarming beteken dat die wêreld nou moet begin, ander gaan daar nie genoeg geld wees om die draaipunt te bereik nie.